Local newsNews

Lede geniet aktiwiteite

Helpende Hand reik uit na kinderhuis.

DIE plaaslike Helpende Hand-tak het onlangs die Alberton Kinderhuis besoek en aan kreatiewe aktiwiteite deelgeneem.

“Die terapeutiese waarde van kreatiewe aktiwiteite is alom bekend en om met verf te speel, spat en skilder was nie alleen gróót pret en afleiding vir die kinders nie, maar ook ’n geleentheid vir interaksie met die tak se lede en die vryheid om net te skep,” het die voorsitter, Judi Muller gesê.

Die lede en kinders het pret gehad en saamgespeel met verrasende uitkomste. Na afloop van die aktiwiteite het almal saam aan pizzas, koeldrank en lekkers gesmul. Volgens Muller het een van die lede se tuisgebakte kolwyntjies groot aftrek geniet.

“Hoewel dit aan jou hart vat, was dit ’n verrykende ervaring om die verskil in die kinders se lewens te maak.” Muller nooi vrywilligers uit om saam met hulle ’n verskil in minderbevoorregtes se lewens te maak. Vir meer inligting, skakel 082 926 4161 of stuur ’n epos na shh.alberton@gmail.com

Lees ook:

Helpende Hand wil 30 Kerswense in 30 dae bewaarheid!

Helpende Hand takel graad eens se grootste leerprobleme

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button