Local newsNews

Raak by koorgroep betrokke

Die vroue tree ook by funksies op.

VROUE met ’n passie vir sang word aangemoedig om by die Alberton Dameskoor betrokke te raak.

Volgens die koorlede is die dameskoor ’n baie uiteenlopende groep vroue van alle ouderdomsgroepe met die behoefte om te sing en boonop is dit nie net ’n gewone groep vroue nie, maar ook ’n klompie wat heerlik saam kan kuier.

Ida Strydom, die koorleidster van die Cantare Kinderkoor en die vroue se leidster, sê: “Ons huidige ledetal is ongeveer 20, maar ons soek nog meer lede.”

Die koor tree ook by funksies en kerke op. Vroue kom weekliks op Donderdae om 19:00 bymekaar.

Belangstellendes kan die voorsitter, Elna Pelser, skakel by 079 023 6220.

Related Article:

Choir members wanted

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button