ONS IS HIER VIR JOU: Noel de Lange (middel) is verlede jaar met lewer- en kolonkanker gediagnoseer en sy vriende, Tino du Randt en en Lee Grieves, het hom ondersteun deur hulle hare af te skeer.
SPRINGBOK Apteek se Shavathon wat Saterdag, 27 Februarie, gehou is, was weereens ’n volslae sukses.
Inwoners het hare laat afskeer, op hulle gesigte laat verf en hulle hare in alle kleure met spuitverf laat spuit. Tina Avjnant van Springbok Apteek het gesê dat dit haar vierde Shavathon is en dit was Debbie Grant se sesde een. “Dié is seker een van die lekkerste dae ooit, om weer iets vir mense, en veral vir kankerlyers, te kan doen,” het Tina gesê.
PURE PLESIER: Hantie Ferreira maak seker dat sy elke jaar kankerlyers ondersteun deur al haar hare te laat afskeer.
JAARLIKSE ONDERSTEUNER: Dwayne Prinsloo skeer al meer as 10 jaar lank jaarliks sy hare by die Shavathon af. Saam met hom op die foto is Tina Avjnant.
ONDERSTEUNER: Vanessa Garland het haar hare laat sprei om haar omgee vir kankerlyers te wys.
VET PRET: Carrie Zwart verf ’n kankerteken op Roxanne Todd se wang tydens die Shavathon op 27 Februarie by Springbok Apteek in die Alberton Mall.
EK GEE OM: Lee Grieves het sy hare laat afskeer en ook die blou kanker simbool op sy kop laat verf. Hy het dit gedoen om nie net kankerlyers te ondersteun nie, maar ook een van sy beste vriende. Saam hom op die foto is Tina Avjnant.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!