Dinwiddie se lede presteer puik
Dinwiddie-tak het die tweede meeste punte in die blomme-afdeling en die tweede meeste punte vir konferensie artikels ingepalm.
Dinwiddie VLU-tak het weereens baie goed gedoen tydens Maart se konferensie.
Uit die tak was daar ’n eerste plek vir die algehele wenner en ’n eerste plek vir die meeste punte vir kongres artikels. Dinwiddie het die tweede meeste punte in die blomme-afdeling en die tweede meeste punte vir konferensie artikels ontvang.
Die voorsitter is baie trots op die taklede se besondere prestasies.
Die uitslae is soos volg:
*Ria Hawthorne het ’n tweede plek met haar breiwerk losgeslaan.
*Magriet van der Walt het ’n eerste plek vir haar melktert gekry.
*Corrie Raubenheimer behaal tweede plekke in die blomme-afdeling en vir haar melktert in die geborgde kompetisie. Sy het ook die tweede meeste punte op die konferensie behaal en ’n eerste plek vir haar borduurwerk ingepalm.
*Ria van den Tillaard het die beste voorsitsterverslag ingedien.
*Claudia Robbertse het ook ’n eerste plek vir haar blomme ontvang.
By Dinwiddie se jaarlikse prysuitdeling het die vroue trofees ontvang vir hulle werk gedurende die jaar.
Die pryswenners op takvlak was:
*Louise van Deventer, Ria Hawthorne, Magriet van der Walt, Corrie Raubenheimer, Hillary Lubbe, Rina Mowbray, Claudia Robbertse en Ria van den Tillaard.
Die tak is trots op al die vroue wat so uitblink. Indien enigiemand by die tak wil kom kuier of nog beter wil aansluit skakel gerus vir Rina Mowbray by 082 376 1900.




