‘n Aand vol leesgenot
Oom Anton Pienaar, bekende blinde klavierstemmer, stel sy boek 'Swartson' bekend op Vrydag 28 Mei by The Art Farm.

ANTON Pienaar, bekende blinde klavierstemmer, stel sy nuwe boek ‘Swartson’ bekend op Vrydag 28 Mei by The Art Farm.
Hierdie sielkundige spanningsverhaal is deur Anton in braille geskryf en daar word met groot verwagting uitgesien na die bekendstelling. Drie ander skrywers stel ook hul nuwe boeke bekend tydens die geselligheid. Nog ‘n skrywer uit Alberton, Johan Pretorius se ‘Die Dare’ wat handel oor ’n student wat uitgedaag word om die grootste bleeksiel vir ’n week lank plaas toe te nooi, Mariqi Nell se ‘Waarom varke nie pêrels dra nie’ is ’n meerjarige dagboek met stories, skilderye en gedigte en Francois Stemmet se ‘Tanja’ is ’n liefdesroman met familiebotsings, verslawing en verhoudings wat skeefloop. Die geselligheid gaan gepaard met ’n drie-gang maaltyd teen R150 per persoon (kontantkroeg beskikbaar) en begin om 19:00 vir 19:30. Besprekings kan gedoen word by 079 208 8716 en bewys van betaling na bookings@the-artfarm.co.za sal jou sitplek verseker. Sluitingsdatum vir besprekings is 24 Mei.
The Art Farm is geleë op Plot 56, R550, Alewynspoort.



