Local newsNews

Brackenhurst Blommeklub hou vergadering

“Alles gebeur op sy tyd, die windpomp gaan soek nie wind nie.”

LEDE van die Bracken Blommeklub het op 18 Mei bymekaargekom. Die werksklas vir hierdie vergadering was getiteld ‘Imposed’ en lede kon elk hul eie rangskikking maak.

Die voorsitter, Sandra Labuschagne, het met Psalm 8 geopen. Elmari Wilkonson en Susie du Plooy was gelukgewens met hul verjaarsdae. Verder het die vroue oor hulle damesoggend wat in Oktober gaan plaasvind, gepraat.

Sandra het ook afgesluit met ’n paar motiverings insluitend, “Alles gebeur op sy tyd, die windpomp gaan soek nie wind nie.”

Lede het ook tydens die vergadering Sandra bedank vir al haar moeite en hulp.

Daar sal geen vergadering in Junie wees nie, maar wel weer op 20 Julie by die NG Kerk in Brackenhurst om 09:30. Anne Dele gaan die gas wees en sy gaan ‘All wired up’ demonstreer.

Vir meer inligting, skakel Sandra by 083 450 4524.

Vir meer, lees hier:

*albertonrecord.co.za/…/n-oggend-vol-kleur-die-bracken-blomme-klub/

*albertonrecord.co.za/105461/blommeklub-vergader/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button