Local newsNews

Rina motiveer vroue

Mense moet meer dikwels dankie sê.

VROUE van die Vroue Landbou Unie (VLU) se Brackenhurst-tak het op Woensdag, 10 Augustus, weer bymekaar gekom. Die studierigting vir die dag was “Vandag se Vrou” en Rina Mulder was die vrou wat die lede bemoedig en gemotiveer het om sorgsame vroue van vandag te wees.

“Om te bemoeder waar enige persoon bemoedering nodig het, om fyn op te let na wat ons waarneem wanneer ons na ons mense kyk, hetsy vroue, kinders of mans, om dan op ’n positiewe wyse te reageer, al is dit net ’n glimlag, ’n drukkie of ’n vraag soos “waarmee kan ek help of wat makeer,” het Rina gesê.

“Vandag se vrou luister nie net nie, sy hoor fyn, sien raak wat miskien nie baie opvallend is nie en reageer met bemoediging, met aanmoediging. Vandag se vrou weerhou haarself daarvan om negatief te praat en te leef en ander mense saam met haar in die donkerte af te trek deur negatiwiteit of kwaadpraat.” Sy het ook vir die lede gesê dat hulle in alles wat hulle doen positiewe denke moet hê.

Nee, vandag se vrou, ons as lede van Brackenhurst Vroue Landbou Unie-tak, is positief, praat positief en doen positief. Rina het hulle aangemoedig om dankie te sê vir so baie mooi dinge in hulle lewens.

“As ons dankbaar is, kyk ons nie teen die negatiewe vas nie,” het Rina gesê. Hiervoor gebruik sy Nataniël se woorde waar hy gesê het ons moet elke dag dankie sê, al sê ons dankie vir die gang wat ons na die yskas lei, of dankie vir my nek wat my kop regop hou of kry ’n hond en noem hom Dankie. Dan kan ons baie keer op ’n dag ‘dankie’ uitroep.

Die VLU se Engelse skrywer van die jaar is Gareth Crocker en Susie du Plooy het die vroue meer oor hom vertel en ook ’n stukkie uit sy boek ‘King’ vir die vroue voorgelees.

Vir meer inligting oor die tak, skakel Anita Liesching (skakelbeampte) by 083 457 6332.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button