
DIE Nederduitse Gereformeerde Gemeente van Dinwiddie hou op 22 Oktober hul Oktoberfees.
Die plesierigheid skop reeds om 09:00 af en daar sal gesellig gekuier word tot 16:00. Daar gaan iets vir oud en jonk wees. Kom geniet pap, braaivleis, boerewors, sosaties, jaffels, kerrie-en-rys, gebak, ’n basaar, poedings, pannekoek, koffie, tee en baie ander lekker eetgoed.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Kinders kan hulself gate uit geniet op die springkasteel met voltydse oppassers wat vir die ouers gemoedsrus sal gee.
Vir meer inligting, skakel Lettie Muller by 087 750 0891 of 082 637 1214.



