LENTE is behoorlik gevier tydens die Alberton Damesklub se maandelikse vergadering.
Die tenoor en vokale afrigter, Coert Grobbelaar, begelei deur Rudi Geldenhuis, het die dames vermaak met die mooiste musiek.
Coert is verder bygestaan deur die sopraan Loraine Hibbert, wat die lentevreugde verder versterk het.
Hy is ’n inwoner van Johannesburg sedert geboorte. Nadat hy sy studies in regte aan die RAU voltooi het, het hy vir ses jaar lank by die SAPS gewerk. Gedurende hierdie tyd het hy gereeld saam met die polisie-orkes opgetree en begin met Musiek Gala-aande, om fondse in te samel vir liefdadigheid.
Coert het sy debuut as ‘n opera tenoor in 1988 gemaak, by die première van Fidelio, wat opgevoer is deur die Roodepoort Stadskouburg, met Weiss Doubell as regisseer.
Alberton Damesklub se volgende vergadering vind plaas op Donderdag, 13 Oktober, in die Albertonse Aftree-oord, in Kritzingerweg. Belangstellende dames kan vir Dini Janse by 082 552 4683, of Dr Trix van Wyk by 083 449 5446 skakel.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.




