Local newsNews

Liedjietuin word ingewy

'n Roos word ingewy in liedjietuin.

‘n Afrikaanse Liedjietuin word op 10 Oktober by die FAK-kantoor (Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ingewy.

Na die suksesvolle publikasie van die FAK Sangbundel vol II in 2012, het die FAK besluit om die liedjietuin aan te lê en ook op dié manier Afrikaanse musiek te huldig.

Die kern van die tuin bestaan uit ‘n roostuin wat met ondersteuning van Anja Taschner van Ludwig’s Roses uitgelê is. Dit is hoofsaaklik naamrose van Afrikaanse kunstenaars wat aangeplant is, soos Christa Steyn, Rina Hugo en ander.

In die tuin is ook granietplate met die liedtekste van bekende liedere uit albei FAK Sangbundels daarop aangebring.

Die kantoor is geleë op die terrein van die Voortrekkermonument in Pretoria.

Donderdag 10 Oktober vanaf 13:00 bied die FAK ook ‘n opedag aan en almal is hartlik welkom om die tuin te kom besoek. Navrae kan gerig word aan Sarie by sariem@fak.org.za, 012 301 1765 of 072 120 2344.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button