Local newsNews

Skenk ’n tassie hierdie feestyd en verander ’n kind se lewe

Ondersteun graad een’s.

SOLIDARITEIT Helpende Hand se Skooltassieprojek skop weer af, om skryfbehoeftes aan behoeftige, Afrikaanse graad eens te verskaf.

Die projek bestaan reeds sedert 2007 en help jaarliks behoeftige graad eens om op gelyke voet met hulle klasmaats te begin.

Om jou skoolloopbaan te begin kan baie intimiderend vir nuwe leerlinge wees, maar nog meer so as jy die jaar ingaan sonder enige skryfgoed. Die fondasies vir ‘n suksesvolle toekoms, uit die armoede kringloop, word reeds in die vroeë grade gelê en ‘n tekort aan skryfbehoeftes belemmer die kinders nog verder.

Volgens dr Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, glo die organisasie dat armoede die hoof gebied kan word deur in opleiding te belê, en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by graad eens geskep word, wanneer hulle die nodige skoolgoedjies kry.

“Kinders is die bank waarin ons ons geld belê,” sê Brink.

“Ons rente is hulle suksesvolle toekoms as dokters, onderwysers en rugbyspelers. Die projek speel ‘n onmisbare rol in behoeftige graad eens se lewens, want danksy so ’n tassie kan hulle hul skoolloopbaan op gelyke voet met hul klasmaats begin.”

Die Skooltassieprojek is nou in sy 10de jaar en het al meer as 30 000 kinders gehelp deur ’n skooltassie met die nodigste skoolbehoeftes aan hulle te verskaf. Vanjaar word 4 600 skooltassies aan behoeftige kinders oor die land heen uitgedeel.

In Mpumalanga gaan daar vanjaar 398 tassies by skole uitgedeel word. Jy kan die kinders in jou area ondersteun deur die woord “Tastrap” te SMS na 39950, en betrokke te raak by die projek. SMS kos R2.

Vir meer inligting, kontak vir Margolé Riekert, Skooltassie se projekorganiseerder, by 082 715 0508, of stuur ‘n epos na margole@helpendehand.co.za.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button