Brandpunt Kameraklub hou hul jaarlikse afsluiting en bekroningsaand
Die Brandpunt Kamera Klub het op Maandag, 21 November, hul jaarlikse afsluiting en bekroningsaand gehou.
Brandpunt Kameraklub het op Maandag, 21 November, hul jaarlikse afsluiting en bekroningsaand gehou.
Die volgende mense is beloon vir hulle harde werk en pragtige foto’s:
Aubrey Siebert is bekroon as Dux Salonae met Meeste Salonne vir 2016, die Impala trofee vir digitaal en die Impala trofee vir afdrukke.
Victrix Ludorum: Theona Hilder behaal die meeste punte gedurende die jaar.
Senior foto van die jaar is deur Reppies Repsold gewen, met sy “Drieling”.
Paul du Plessis het die prys vir junior foto van die jaar met “Bitterfontein” gewen.
Die beste senior paneel gaan aan Theona Hilder en beste junior paneel aan Paul du Plessis.
Voorsitterstoekenning vir voortreflike diens is ook deur Theona Hilder gewen.
Mense wat belangstel om in 2017 by die klub aan te sluit kan meer inligting by hul webtuiste kry: https://www.brandpuntkameraklub.co.za, of kan per epos by brandpuntkk@gmail.com kontak maak, of met Theona Hilder, sekretaresse vir die klub, in aanraking kom by 083 301 5851.





