Geloftefees beplan
Daar is ook ’n geleentheid om ’n uitstalling van oudhede te besigtig.

OP 16 Desember verootmoedig mense hul weer ter nakoming van die gelofte wat die Voortrekkers in 1838 by Bloedrivier afgelê het.
Alberton se Geloftefees neem die vorm aan van samesang en ’n erediens wat soos gebruiklik gehou word in die NG Kerk Alberton-Wes op die hoek van Forestraat en Ringpad Oos.
Die diens begin om 09:00 en almal word genooi om vroeg reeds op te daag vir samesang.
Na die diens word daar lekker gekuier oor ’n koppie koffie, tee of koeldrank en eetgoed.
Daar is ook ’n geleentheid om ’n uitstalling van oudhede te besigtig.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



