Local newsNews

Ligstad Seniors maak kleuters se harte bly

Seniors wens almal ’n geseënde Kersfees toe.

DIE seniors van Ligstad se GiG (God is Groot)-groep wat weekliks bymekaar kom, het onder leiding van hul oudste lid, Cecilia Pfeifer (91), ‘n projek van stapel gestuur tydens 2016.

Hulle het teddiebeertjies gebrei, opgestop en aanmekaar gewerk met die oog daarop om dit tydens hul jaareindfunksie te oorhandig aan die kleuters van Ligstad se voorskool.

Sorg is aan die dag gelê om vir elke kleuter ‘n teddiebeer te brei, mooi te verpak en ‘n lekkergoed-bederfie is ook in die pakkies gesit deur die lede van die groep wat nie fisies betrokke was in die vervaardiging van die teddiebeertjies nie.

Elke lid van die groep het dus ‘n aandeel gehad in die voorbereiding van die geskenkpakkies vir die kleuters. Die groep se doelwit is bereik deurdat elke kleuter in die Ligstad Voorskool die vreugde kon ervaar van ‘n eie teddiebeer.

Tydens die oorhandiging het Alida Jooste, Ligstad se maatskaplike werker, aan die kleuters verduidelik dat die oupas en oumas in Christus (want ons is mos almal familie in Christus), met elke steek wat gebrei is en elke aksie wat uitgevoer is om hul geskenkies gereed te kry vir hul gebid het en nooit sal ophou bid vir hulle nie. Sy het verder vir hul verduidelik dat wanneer hulle ‘n slegte dag het, hulle net hul teddiebeertjie kan vashou en onthou dat iemand êrens vir hul bid en vir hul liefhet.

Om die verwondering op die gesiggies van die kleuters te aanskou toe hul die pakkies oopgemaak het, was kosbaar en is ‘n prentjie wat vir menige van die seniors vir ewig gegrafeer is in hulle harte. Wat ‘n voorreg om in die posisie te wees om te aanhou gee, al beweeg seniors dikwels op die rand van die samelewing. By Ligstad word aan oud en jonk ‘n stem gegee in die gemeenskap en kan oud en jonk bydra om ‘n verskil in iemand se lewe te maak, selfs soms onwetend.

Gerda Roestof, Hoof van Ligstad se voorskool, het haar opregte waardering uitgespreek aan die seniors van GiG vir hul bydra in die ontwikkeling van ‘n sin van behoort by die Ligstad kleuters en almal se aandag daarop gefokus dat die meeste vreugde dikwels ervaar word in die ontvang van ‘n eenvoudige handgemaakte item wat in liefde gemaak en oorhandig word.

Ligstad wens die gemeenskap van Alberton ‘n baie geseënde Kerstyd toe en bedank die gemeenskap vir hul tasbare liefde wat elke dag van die jaar beleef word.

Ligstad het op 9 Desember gesluit vir die Kersvakansie en heropen weer 4 Januarie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button