Hartseer vir Oom Jan
Ma en seun sal deur die gemeenskap onthou word vir hul kreatiwiteit en liefde vir hul medemens.
DIT is met leedwese dat Jan van Vollenhoven die gemeenskap in kennis wil stel dat sy vrou, ‘n geliefde dagmoeder in Alberton, Sarie (81), asook hul seun, André (52), oorlede is.
Ma en seun is albei onlangs aan hartaanvalle oorlede, maar hulle sal vir altyd onthou word vir hulle bydrae in die gemeenskap, kreatiwiteit en liefde vir hul medemens.
Hierdie groot slag vir Oom Jan en sy familie het hulle in November 2016 getref toe Sarie en André 14 dae en 14 ure na mekaar oorlede is. André is op 10 November 2016 om 04:00 oorlede en Sarie op 24 November om 16:00.
Sarie is gebore 19 Februarie 1935. “Sy was vir 35 jaar ‘n dagmoeder vir vele kinders in Alberton en sy het ‘n plakboek oor elkeen bewaar. Sy het ook graag blomme rangskik en naaldwerk gedoen,” vertel Oom Jan. Hy onthou haar nie net vir hul liefde vir mekaar nie maar dink ook terug aan haar kreatiwiteit en veral haar liefde vir kinders.
André sal onthou word vir sy liefde vir houtkerwery en om met leer te werk. “Hy was ‘n dapper man wat by die polisie kollege studeer het en later het hy by die Alberton polisie gedien. Sy bydrae het baie beteken vir die gemeenskap,” sê Oom Jan.
Sarie en Jan sou op 1 Februarie hul 58ste huweliksherdenking gevier het.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.




