Sukses vir AfriForum-buurtwag
“Ons is dankbaar vir elke gemeenskapslid se bydrae om misdaad te bekamp.”
DIE AfriForum-buurtwag in Alberton het onlangs in twee afsonderlike gevalle gehelp om ’n gesteelde vragmotor op te spoor en drie vermeende misdadigers vas te trek.
Die soektog na die gesteelde vragmotor is in samewerking met ’n plaaslike opsporingsmaatskappy uitgevoer waarna dié voertuig aan die SAPD oorhandig is.
Verder het die buurtwag, in ’n afsonderlike geval, bystand aan die polisie gebied in die arrestasie van drie vermeende misdadigers wat by ’n gewapende winkelrooftog in Alrode-Suid betrokke was.
Marié Naudé, AfriForum se assistentkoördineerder vir Gauteng, sê dat ’n gemeenskap wat saamstaan slegs van krag tot krag kan gaan.
“Ons is dankbaar vir elke gemeenskapslid se bydrae om misdaad te bekamp.”
Om betrokke te raak by AfriForum se Alberton-tak of vir meer inligting, SMS “Alberton” na 45342 (R1).
You may also be interested in:
AfriForum-buurtwag kry voertuig terug
AfriForum lays charge against city manager
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



