Local newsNews

Hier is alle fotograwe welkom

Alberton Kameraklub nooi mense.

ALBERTON se kameraklub is in die laat 1990’s deur Theo Landman begin met die oog daarop om fotografie-liefhebbers te ontwikkel en te bevorder.

Die klub bestaan vandag steeds, met om en by 60 lede. Theo het in 2008 bedank, waarna Willem Botha die leisels vir sewe jaar oorgeneem het tot in 2016 met Neil Lane wat in 2017 as die nuwe voorsitter aangewys is.

“Ons fokus op om mense se passie vir fotografie aan te hits,” het Neil gesê. Die fotograwe kom twee keer ’n maand bymekaar waar die eerste vergadering van die maand uitstal en beoordeling is en die tweede vergadering net opleiding is.

“Ons stel ons passie in die klub ten toon en ons neem ’n verskeidenheid van fotos. Mense van omliggende gebiede is deel van die klub en wat die klub maak uitstaan is dat hulle ’n baie vriendelike groep mense is wat dieselfde passie deel.” het Neil gesê.

Daar word ook interklub beoordelings aangebied waar fotograwe dan erkenning kry vir hul meesterstukke.

Volgens die komitee kry hul beoordelaars van buite af in om die beoordeling te doen en doen van hulle ook beoordeling vir ander klubs. Die lekker ding van dié klub is dat lede geen voorgeskrewe kameras moet hê nie, so hulle kan kom met dit wat hulle het.

“Ons leer onsettend baie en soms leer nuwe lede ons weer iets. Talentvolle fotograwe onder ons maak ons baie wys, byvoorbeeld hoe om ’n kamera vas te hou en watter tegnieke of metodes om te gebruik,” het Neil vertel.

Neil nooi mense om by dié klub aan te sluit. Ledegelde beloop R700 per gesin en R500 per persoon per jaar. Vergaderings word by die Alberton Aftree-Oord, in Verwoedpark, gehou en besoekers wat net wil gaan kyk, is baie welkom.

Mense kan meer oor die klub uitvind deur hul webwerf, www.albertoncc.co.za, óf om hul op Facebook te volg. Vir meer inligting, skakel Deon Lubbe by 082 456 4707 of Fred Bokelmann by 082 342 4783.

Lees ook dié:

Bring jou kamera

Kameraklub vergader

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button