AfriForum hou massapatrollie
Die massapatrollie was op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van die onderskeie veiligheidstrukture gemik.
DIE AfriForum-buurtwagte in Alberton, Vanderbijlpark en Kempton Park het onlangs aan hul nasionale massapatrollie deelgeneem.
Die patrollie is suksesvol deur nagenoeg 155 buurtwaglede, asook lede van die SAPD, uitgevoer.
Die massapatrollie was op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van die onderskeie veiligheidstrukture gemik. Patrolleerders het die onderskeie dorpe tussen Vrydag, 10 Maart, om 19:00, en Saterdag, 11 Maart, om 04:00, in skofte gepatrolleer, waartydens altesaam 4 944 kilometers afgelê is. Geen ernstige voorvalle van misdaad is aangemeld nie.
“Dit is reeds duidelik dat samewerking met die SAPD en ander betrokke partye vrugte afwerp. Proaktiewe optrede en die betrokkenheid van die gemeenskap het vir ’n suksesvolle patrollie gesorg,” sê Marie Naude, AfriForum se assistentkoördineerder vir Gauteng-Suid.
Vir meer inligting oor die AfriForum-buurtwag, SMS “buurtwag” na 45342 (R1).
U mag ook belangstel in:
AfriForum lays charge against city manager
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



