FREDDIE Naude, van Stylish Flow Hair and Nail Academy, in Brackenhurst, reik uit na Ligstad en ander nie-winsgewende organisasies se minderbevoorregtes in 2017.
Op Maandag, 6 Maart, het die gemeenskapsprojek amptelik begin. Hy en sy span was opsoek na ’n organisasie wat hul kan help met gratis haar-en naelversorging.
Volgens Alida Jooste, maatskaplike werker van Ligstad, was dit ‘n geskenk uit die Here se hand, aangesien Ligstad se vrywilliger wat in die verlede hul fisiese versorgingsprogram diens gedoen het, as gevolg van persoonlike omstandighede hul nie meer kon help nie.
“Die diens sou dus nie in 2017 voortgegaan het nie. Freddie se aanbod stel Ligstad in staat om bejaardes en ander individue in die gemeenskap die geleentheid te gee om professioneel bederf te word. Ek het kontak gemaak met ander organisasies in die dorp, soos Tutela Alberton, Kindersorg en Victim Support. Hulle gee die besonderhede van individue wat kan baat by so ‘n bederf om hulle menswaardigheid te verbeter of hul mooi te maak vir ‘n werksonderhoud, ensovoorts,” het Alida gesê.
Die REKORD het die haarsalon gaan besoek waar Freddie gesê het dat dit sy passie is om ander te help en dat dit vir hom lekker is om vir ’n slag iets terug te gee vir die gemeenskap.
Ligstad het ‘n koordinerende rol in die projek en keur kandidate vir die diens. Vir meer inligting, skakel Freddie by 071 192 1340 of vir Alida by 079 693 3666.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



