DIE BRACKENHURST VLU-tak se studierigting, vir hul onlangse vergadering, was kuns en geskiedenis met die klem op toonkuns in musiek.
Christo de Klerk, ‘n blinde persoon met ‘n uitsonderlike liefde vir musiek, het die dames bekendgestel aan ‘n paar uitsonderlike musiekinstrumente, verduidelik hoe die instrument werk en bekende werke gespeel waarin die instrumente duidelik gehoor kon word.
Christo het musiek geneem op skool, is ‘n gekwalifiseerde advokaat en is by verskeie organisasies, onder andere die ATKV en die International Council for English Braille betrokke. Hy bespeel ook die klassieke kitaar, maar as gevolg van sy betrokkenheid by so baie organisasies, beoefen hy hierdie kuns gans te min na sy sin.
Die oggend is afgesluit met die Don Kosakkekoor se Legende van die 12 rowers.
Al die dames het in vervoering na hierdie besondere basstemme geluister. Die Brackenhurst VLU-tak kom weer Woensdag, 3 Mei om 09:00 vir 09:30 by die NG Kerk Brackenhurst byeen. Belangstellendes kan Susie du Plooy by 082 465 0044 skakel.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



