Local newsNews

VLU Sonskyn gesels bietjie “natuur”

Dries Herbst en Dini Jansen het die dames meer geleer oor aasvoëls en ebbe- en harige blinkblaar wag-‘n-bietjie bome.

HIERDIE maand was die fokus op geveerde gedoentes en blinkblaar bome by die Vroue Landbou Unie (VLU) Sonskyn-tak tydens hul vergadering op 5 Junie.

Dries Herbst en Dini Jansen het die dames meer geleer oor aasvoëls en ebbe, asook harige blinkblaar wag-‘n-bietjie bome.

NIE SO BOOS: Daar is vertel dat aasvoëls eintlik baie nuttig is in die natuur, ten spyte van hulle “lelike” kenmerke.

Die oggend het begin, soos altyd, met ‘n heerlike koppie koffie en ‘n soetigheidjie. Voorsitster Dini Jansen het almal verwelkom en vir oom Dries Herbst aan die woord gestel. Hy het ‘n klein les oor aasvoëls en hul nut in die ekosisteem voorberei.

Hy het vertel dat die swartaasvoël benoem is as “voël van die jaar”. Aangesien hy ‘n paar minute gehad het om te gesels, het hy sommer oor al die aasvoëls gepraat. “Mense is geneig om te dink aasvoëls is morsig, vraatsig, lelik en boos, maar hulle doen vir die natuur ‘n groot guns,” het hy gesê. “Wat sou dan geword het van al die dier-karkasse as dit nie vir aasvoëls was wat hulle verwyder het nie? Dit sou net daar gelê het en alle soorte parasiete en siektes gelok het, tot ons almal se nadeel.”

Oom Dries het bygevoeg dat sommige aasvoël-spesies hoogs bedreig is en net eenmaal per jaar ‘n eier lê. Hy het vertel dat hy besorgd is oor die geveerdes en het na ‘n foto van ‘n swartaasvoël gewys en gesê: “Ek dink hierdie aasvoël is ‘n mooi ou kêrel, man!” Almal het toe lekker gegiggel.

GASSPREKER: Oom Dries Herbst lewer sy toesprakie aan die VLU-dames.

Voorsitster Dini Jansen het toe die natuur-tema by Dries oorgevat en gesels oor “bome van die jaar” – naamlik die ebbeboom en die harige blinkblaar wag-‘n-bietjie boom.

BOME: Daar is gesels oor die ebbe- en blinkblaar wag-‘n-bietjie bome.

Sy het vertel van die nut wat dié bome bied – sterk hout om voorwerpe en wapens uit te skep en voedselvoorsiening vir soogdiere, voëls, insekte en mense. Almal het iets nuut geleer toe sy vertel hoeveel tiene meters hoog dié bome kan strek en hoe elke boom – ongeag die spesie – se wortels in ‘n eenderste vorm groei as sy takke. Nou toe nou!

VOORSITSTER: Tannie Dini Jansen gesels oor “bome van die jaar”.

Só het nog ‘n VLU vergadering geindig.

As jy belangstel om deel te word van die VLU Sonskyn-tak, skakel gerus vir Dini op 082 552 4683 vir meer inligting.

*Hierdie artikel word names al die VLU-dames opgedra aan Gertie Myburgh wie op 1 Junie haar tweede stryd teen kanker verloor het. Rus sag, tannie Gertie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button