Local newsNews

NG Kerk Alberton-Wes se nuwe kruise vertel ‘n storie

"Mag hierdie drie kruise die simbool van Sy koninkryk wees in Alberton."

DOMINEE Deon Louw van NG Kerk Alberton-Wes vertel die storie agter die nuwe kruise voor die Kerk wat tydens Paasfees opgerig is.

“Tydens Paasfees is daar drie pragtige houtkruise aanbebring op die hoek van Forestraat en Ringpad Wes as deel van NG Kerk Alberton-Wes se openbare getuienis. Hierdie drie kruise is die simbool van die gebeurtenis wat sentraal staan van ons geloofsbelydenis – Jesus het sy lewe vir ons gegee, maar dit het nie net daar gebly nie. Hy het die dood oorwin. Daarom is die kruise leeg! Deur Sy dood en opstanding ontvang ons ewigheidswaarde!

“Ons as kerk van Christus is voortdurend op ‘n groot ontdekkingsreis – opsoek na die wil van God en die verantwoordelikheid wat ons het teenoor die gemeenskap. As die oudste gemeente in die Ring van Alberton glo ons dit is ons verantwoordelikheid om nie net letterlik (Met ons pragtige Katedraal van ‘n kerkgebou) nie, maar ook geestelik ‘n baken in die dorp van Alberton te wees.

“Die primêre taak is natuurlik om die evangelie van Jesus Christus vir Alberton te bring om die gemeenskap gemotiveerd te hou in hulle omstandighede en om, as geroepenes, ons plek in die wêreld vol te staan. Mag die Here deur ons werk sodat Sy koninkryk kom. Mag hierdie drie kruise die simbool daarvan wees in Alberton.

“Ons as gemeente se visie is: “U Lig dring ons om lief te hê!” Die visie is gebaseer op Jesaja 60: ‘Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.’

“Ons leef in die gemeenskap saam met die gemeenskap, dienend. Dit alles omdat God se Lig (hierdie Lig word met ‘n hoofletter gespel, omdat dit verwys na Jesus Christus) ons dring om lief te hê! As gelowiges wat deel is van die liggaam van Christus kan ons natuurlik mos nou nie anders nie. Ons word daartoe geroep.

“Mag hierdie drie kruise op die hoek van Forestraat en Ringpad Wes die opgesane Here se lewe in herinnering roep dat Hy in ons doen en late al meer gestalte vind hier in Alberton.”

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button