VLU leer oor Sjina
VLU Dinwiddie leer oor Sjina en 'n kinderhuis in hul maandelikse vergadering.
DINWIDDIE – Vroue Landbou Unie het verlede Donderdag, 17 Oktober ‘n baie interresante vergadering gehad by VLU Dinwiddie.
Lorraine Ribeiro van Siyabonga Childrens Cottages het by die dames kom kuier. Sy vertel hoe die tehuis begin het en hoe dinge nou met hulle gaan en wat die toekoms vir die kinderhuis inhou.
Daar is so baie behoeftes. Hierdie kinders het maar al die gewone behoeftes wat elke kind het en elke bietjie wat iemand mee kan uithelp maak reeds ‘n groot verskil. Die kinders se grootste behoefte is natuurlik baie liefde en aandag.
Tydens die oggend het die dames ook meer van Sjina in hulle Internasionale gedeelte geleer en ‘n tipiese Sjinese dis geniet.
Rina Mowbray vertel meer oor die voël van die jaar asook die kunstenaar van die jaar.
VLU Dinwiddie vergader elke derde Donderdag van die maand en wil graag alle dames uitnooi om by hulle te kom aansluit. Skakel gerus vir Rina Mowbray by 082 376 1900 vir meer inligting.



