Local newsNews

Totsiens, tannie Drienie (93)

Drienie Steyn (93) groet met haar vertrek na ’n versorgingseenheid elders.

MET ’n tikkie weemoed, maar tog ook met groot vreugde en dankbaarheid, moes die personeel en inwoners van die Alberton Aftree-Oord die oudste inwoner, tannie Drienie Steyn (93) met haar vertrek na ’n versorgingseenheid in Oktober, groet.

Tannie Drienie het vir 17 jaar in nommer 47 Eureka Vriendskapshuis in die Aftree-Oord gewoon waar sy tot en met haar vertrek nog selfversorgend was. Sy het nog self lekker ‘boerekos’ gekook en in vrede saam met haar mede-inwoners haar tyd met hekel en leeswerk verwyl het.

Die Alberton Raad vir Bejaardes en inwoners van die Aftree-Oord wil aan tannie Drienie net die beste toewens en is dankbaar dat sy vir soveel jare gelukkig in hierdie mooi oord kon bly – dit was sowaar ’n voorreg.

(Berig verskaf deur Alberton Aftree-Oord sekretaris)

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button