Kerssangdiens betower
Shaun en Marlene sê hulle voel baie geseënd omdat die gehoor na hul optrede vir ‘n encore geroep het.
MARLENE Vermaas en Shaun Welgemoed het die aand van 26 November die musiek met hul Kerssangdiens by die EG-kerk in Southcrest laat vloei.
Marlene en Shaun het God se Naam met Kersfeesliedjies soos Somer Kersfees, Die Heiland is Gebore, Klokkespel, Stille Nag en Strange Way verheerlik. Die gehoor het dit baie geniet en het met elke lied saam hande geklap.
Haar pa, Barend Vermaas, het haar en Shaun met sy musieksaag vergesel toe hulle Stille Nag gesing het. Die kinders van die gehoor was só geïnteresseerd dat hulle sommer reg voor Barend gaan staan het om te kyk hoe hy dit speel.
“Dit is natuurlik lekker om Kersfees te vier,” sê Marlene.
“Maar die belangrike boodskap wat ons duidelik wou oordra is dat hoe Jesus van die krip na die kruis vir ons geloop het, die grootste liefdesdaad ooit was.”
Shaun en Marlene sê hulle voel baie geseënd omdat die gehoor na hul optrede vir ’n encore geroep het. Almal het na die optrede lekker in die mooi opgemaakte saal saamgekuier en heerlike verversings geniet.
Hulle wil ook graag vir almal wat betrokke was en hulle ondersteun het baie dankie sê en hulle sien uit na toekomstige byeenkomste.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



