Editor's choiceLocal newsNewsSchool sportSchoolsSport

Marais Viljoen is Noordvaal skolekrieket-kampioene

Marais Viljoen se eerste skolekrieketspan het vir die eerste keer sedert die onstaan van die Noordvaal-toernooi in 1923, die kompetisie gewen.

ALBERANTE – Marais Viljoen het E.G Jansen met 14 lopies in ‘n spannende finaal in Pretoria geklop. EG Jansen het Marais Viljoen vroeg onder druk geplaas deur sy voorste drie kolwers vir ‘n skamel 20 lopies uit te knikker.

‘n Vennootskap vir 79 lopies om die vierde paaltjie tussen Delano Potgieter en Ryno van der Merwe (29) het die span egter op die wenpad geplaas. Delano (95) en J.C Maritz (24) het saam ook 85 lopies om die sesde paaltjie tot die totaal bygedra. Marais Viljoen het E.G Jansen vir 198 lopies in 43 boulbeurte uitgehaal om die eindstryd met 14 lopies te wen.

J.C Maritz het uiteindelik die beste onder die boulers gevaar met 3/36, terwyl Delano 3/43 ook onkeerbaar was met die bal. Beide hierdie twee alsydige spelers het die Gauteng o.17B- skolespan gehaal.

H Saaiman met 19 en G van Heerden met 12 was Marais se ander kolwers met dubbelsyfers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button