Local newsNews

Graad eentjie red ‘n wedvlugduif

Darem was hy mak soos ‘n lammetjie.

LEO Delport, ’n brawe Graad Een leerling by Laerskool Randhart, het ’n paar dae gelede ’n hulpelose duif uit hul voortuin gered – ’n groot en gesonde duif met ’n beseerde vlerk.

“Die duif het net lekker daar gesit,” het Leo gesê. “Hy was gemaklik want ons los elke dag vir die voëltjies kos, so hulle is al gemaklik hier in ons tuin.”

Leo sê hy was ’n bietjie bang om naby te gaan, want hy was al voorheen baie seer deur ’n papegaai-voël gebyt – sy nael het afgekom. Maar hy het toe nader gegaan en die duif saggies opgetel – darem was hy so mak soos ’n lammetjie.

Toe hy en sy ouma, wat ook daar woon, Alice Vermeulen, die duif bekyk het, het hulle ’n ringetjie om sy poot gesien. Hulle het besef dit moet iemand se wedvlugduif wees.

Daar was verskillende kodes op die ringetjie gegrafeer, naam 14223 TRPF SANPO.co.za en ZA13. Leo reik uit na alle duiweboere en vra dat indien hierdie kodes bekend klink, en jy ’n wedvlugduif verloor het, kan hulle geskakel word by 083 440 9253 of 071 818 9577. Hou asseblief bewys van eienaarskap gereed.

KEN JY HIERDIE DUIF?: Die eienaar behoort hierdie duif te herken aan die kodes wat op die ringetjie van sy poot gegraveer is.

Maar natuurlik is daar geen ander opsie vir Leo as om vir die duif kos, water ’n gemaklike bedjie en baie liefde te tee totdat sy eienaar hom kom haal nie. Alice vind haar kleinseun te kosbaar omdat hy so ’n goeie hart het.

“Leo is net altyd daar om enigiemand te help,” sê sy. “Pasop net as daar ’n probleem is, want Leo soek altyd iets om reg te maak.” het Alice geglimlag.

“Hy het selfs sy eie gereedskapkis in die motorhuis. Nou die dag het Leo ’n slot vir my oopgebreek toe ek met die hek gesukkel het. Hy is tog so handig en oulik.”

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button