Sweedse musiekgroep betower Ligstad
‘n Opgewonde gehoor is bymekaar gebring wat die saal byna vol gemaak het.
Fjarill, ’n musiekgroep van Swede, het op 3 Maart by Ligstad gekuier en die gehoor met pragtige klassieke klanke betower.
Fjarill beteken “vlinder” in Sweeds. Dié klassieke musiekgroepie bestaan uit twee musikante, Aino Löwenmark (vokaal en klavier) en Hanmari Spiegel (vokaal, viool en klavier). Die geleentheid om by Ligstad op te tree is deur hulle kennis, Ligstad se virtuose Ilse-Louise Herhoholdt, bewerkstellig.
Beide musikante woon in Hamburg, Duitsland. Fjarill is in 2004 gestig en sedertdien het hulle ses albums vrygestel. Hulle het in 2011 die interkulturele Global Ruth World Music-toekenning in Duitsland verwerf.

Die dames skryf hul eie musiek en lirieke en beskryf dit as klassieke volkmusiek met ’n omringende koor atmosfeer. Hierdie tydlose musiekstyl het byval by musiekliefhebbers, oud en jonk, in Duitsland, Oostenryk, Switzerland, Swede en Luxemburg gevind.
Hulle vertoning by Ligstad het ’n opgewonde gehoor bymekaar gebring wat die saal ook byna vol gemaak het. ’n Paar gehoorlede het gesê dat hulle uitsien om te hoor hoe hierdie Europese musiekgroep klink.
Dit was ’n pragtige, betowerende optrede en dit was nie eers duur nie. Na die tyd was daar ook koek en tee om die middag op ’n lekker noot af te sluit.

Alida Jooste het hulle hartlik bedank vir hul moeite en passievolle optrede.
“Dit was ’n vertoning wat waarskynlik almal in die gehoor se kulturele spektrum verbreed het,” het sy gesê. “Ons hoop om julle weer te sien.”
Die REKORD sal lesers op hoogte hou sou Fjarill besluit om weer te kom kuier.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



