Local newsNews

Eerlikheid en vertroue is die fondasie

“Eerlikheid en vertroue is die fondasie vir ’n lang en gelukkige huwelik.”

ALBERTONNERS Kalie en Hanna Matthews is hierdie jaar 63 jaar lank getroud – wat ’n mylpaal. Hulle deel hul storie en die geheim vir ’n lewenslange, liefdevolle huwelik met ons.

Kalie (84) en Hanna (80) het in Rothdene, naby Vereeniging, ontmoet. Hanna het op daardie stadium ’n kêrel gehad, maar Kalie het letterlik met hom geveg vir haar hart en dit uiteindelik gewen.

Hulle is op 12 Maart 1955 op ’n plaas genaamd Paardekop in Piet Retief getroud. Kalie was 21 jaar oud en Hanna maar 17. Hulle het nooit terug gekyk nie. Hulle woon vir die afgelope 38 jaar in Alberton. Voor dit het hulle vir 12 jaar in Turffontein gewoon.

Saam het hulle ses kinders grootgemaak en vandag het hulle 11 kleinkinders, 20 agter-kleinkinders en een agter-agter-kleinkind. Hulle kan nie meer trots op hul boedel wees nie en sê dis hul grootste seëning.

Albei sê as hulle alles kon oor doen, sou hulle mekaar weer gekies het. Deur al die jare was hulle mekaar se steunpilare en het ewe veel tyd en liefde ingesit om hul kinders groot te maak.

“My raad aan die jong mense is om altyd eerlik te wees en alles met mekaar te bespreek,” het Hanna gesê. “Moenie agteraf wees nie. Eerlikheid en vertroue is die fondasie vir ’n lang en gelukkige huwelik.

“Moet ook nie lui wees om te werk nie,” het sy bygesê.

“In al hierdie jare het ons nie een bediende gehad om ons te help nie. Ons doen alles saam en ons is nooit regtig apart van mekaar nie.”

Dankie aan Kalie en Hanna vir ’n goeie voorbeeld van ’n suksesvolle huwelik. Die REKORD wens julle nog baie gelukkige jare en voorspoed toe.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button