Alberton Damesklub vereer Hemelvaartdag
"Hemelvaartdag is ’n besondere feesdag, omdat dié dag die beklemtoning van God se genade vir die mens is."
DIE Alberton Damesklub het ’n besonderse interessante vergadering op 10 Mei gehad met gassprekers William Harmse en Ilse Salzwedel wat die dames ingelig en inspireer het.
Ds William Harmse van die Hervormde Kerk het oor “Genade” gepraat. Hy het hierdie onderwerp gekies juis omdat die vergadering op Hemelvaartdag plaasgevind het. Hy het gesê Hemelvaartdag is ’n besondere feesdag omdat dié dag die beklemtoning van God se genade vir die mens is.
Na die dominee se toespraak het die dames na Ilse Salzwedel geluister. Sy is ’n welbekende vryskutjoernalis. Sy het besin of daar nog hoop vir Suid-Afrika is. Haar sprankelende maar weldeurdagte optimisme was vir elkeen ’n vars bron van inspirasie.
Met ’n lied in die hart het die dames gekuier en hulle middagete geniet. Die volgende vergadering sal op 14 Junie by die Alberton Aftree-Oord in Kritzingerweg, Florentia plaasvind.
Dames wat belangstel om die vergaderings by te woon kan gerus vir Dini Jansen op 082 552 4683 bel of vir Trix van der Walt op 083 449 5446 kontak.
READ:
Ligstad team excited about weekly services
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



