Local newsNews

GALLERY: VLU Brackenhurst gesels oor veiligheid

Hy het gesels oor die misdaad wat toeneem in Alberton.

SO terugblikkie in die lewe van ouds en inwoners se verantwoordelikheid om hul eie veiligheid te verseker was aan die orde van die dag by Brackenhurst VLU se onlangse vergadering.

Voordat Geoff Steyn, gasspreker vir die dag, en sy vrou Linda bekend gestel is, is die vergaderig deur Ina Botha geopen en almal is verwelkom deur VLU-voorsitter Anna-Marie du Plooy.

Mara Scholtz het ’n oulike toespraak oor twee VLU-lede, naamlik Susie du Plooy en oud-lid Ella Steenbruggen, gelwer. Sy vertel die dames die stories van hoe hulle tyd in hul jonger dae spandeer het en hoe hulle hul mans ontmoet het. Die dames het lekker gelag en hulself saam ingeleef in Susie en Ella se jeugtyd.

VEILIGHEIDSGESELSKAP: Geoff Steyn praat met die VLU oor die afname van veiligheid en toename van misdaad in Alberton.

Daarna was die vloer Geoff s’n. Hy het homself as iemand wat graag saam met die Brackendowns SAPS, CPF en talle veiligheidsmaatskappye in Alberton werk omdat dit vir hom ’n passie is om Alberton ’n veiliger plek vir sy mense te maak. Hierdie samewerking doen hy al vir die afgelope agt jaar.

Hy het gesels oor die misdaad wat toeneem in Alberton in terme van diefstal, huis- en karinbrake en huishoudelike mishandeling. Hy het faktore wat bydra tot die toenemende misdaad genoem, naamlik ’n toeneming in dwelmverslaafdes, die hof en speurders se hande wat oorvol is met sake, ’n gebrek aan voertuie by polisiestasies wat moet patrolleer en dronkbestuurders, onder andere.

Hy het gesê: “Die gemeenskap moet hulself bemag, want ons polisie kan eenvoudig nie almal veilig hou nie. Misdaad-veg begin by elke individu self.”

STORIETYD: Mara Scholtz vertel stories oor Susie du Plooy en Ella Steenkamp se jonger dae.

Geoff het ook raad oor hoe om veilig te bly gegee, byvoorbeeld om nie waardevolle items soos handsakke in jou voertuig te los waar dit sigbaar is nie, om nie met baie goed in die handsak uit te gaan nie en om behoorlike navorsig te doen en data te hou oor huishoudelike helpers.

Hy het ook voorgestel dat die gemeenskap betrokke raak by die SAPS en hulle bystaan en dat die publiek die Zello App op Playstore of App Store aflaai – hiermee kan enige twee persone of selfs groot groepe mense deur twee-rigting kommunikasie met mekaar in kontak bly – selfs regoor die wêreld.

Nadat Geoff gesels het, het Rina Viljoen hom en Linda hartlik bedank vir sy insiggewende gesprek.

Die VLU-lede het toe gesmul aan heerlike sop, brood en koffie en ’n laaste geselsie met mekaar ingekry tot hul volgende vergadering.

Die volgende vergadering sal op 8 Augustus plaasvind, weer by die Brackenhurst NG-kerk. Indien jy belangstel om dit by te woon, of om deel te word van die Brackenhurst VLU, skakel gerus vir Susie du Plooy op 082 465 0044.

GASVROUENS: Die teetafel was pragtig deur Marianne Ehlers, Joey Botha en Ina Botha versier.

READ:

VLU Brackenhurst tak jaareind vergadering

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button