Ouer deel haar nag van hel
Maak seker dat jou kind weet wat dwelms is en wat dit doen.
’N OUER, wat anoniem wil bly, wil ouers in Alberton waarsku oor dwelms in skole nadat haar kind baie snaaks begin optree het.
Haar 14-jarige seun het onlangs dagga saam met ’n groep vriende by die skool gerook. Sy deel haar “nag van hel” met die RECORD.
Daar is groot fout
“Hy het tuis gekom met bloedrooi oë en ek’t aangeneem hy het ’n ooginfeksie,” het die ma gesê.
Later het sy begin agterkom dat iets nie lekker met haar kind is nie en hom toe dokter toe geneem.
“Hy wou nie aan sy gewone aktiwiteite deelneem nie en kon nie behoorlik eet nie. Dit was asof hy nie beheer gehad het nie en die kos het by sy mond uitgeloop. Sy bloedbelope oë was stokstyf in sy oogkaste en hy het ’n veluitslag gekry.
“Ek het groot geskrik want daar was iets fout met my kind en ek het nie geweet wat dit was nie.”
Na vele bloedtoetse is dit bewys dat hy die Skunk-dwelm in sy bloedstroom het.
“Om uit te vind dat daar dwelms in jou kind se bloed is, is iets wat geen ouer wil hoor nie,” het sy gesê.

Skunk, ’n tipe dagga, is baie hoog in THC (tetrahydrocannabinol) wat die aktiewe bestanddeel van kannabis is. Ander tradisionele stamme van kannabis bevat ook CBD (cannabidiol). Die twee chemikalieë veroorsaak opponerende effekte.
Dié enkelma het haar kind aangespreek maar hy kon nie veel onthou nie behalwe dat hy saam sy maats dagga gerook het.
“Ek het sy simptome bietjie gaan navors en dit wil voorkom dat die dagga wat hulle gerook het, in ’n dwelm gerol was. Ons is saam na die skool en hy het die vriende uitgewys saam met wie hy die dagga gerook het. Hulle is drie dae later getoets en positief gevind met dwelms in hulle sisteme. Vier van hulle is geskors,” het die vrou vertel.
“Ek wens ek kon daai week van my lewe uitveë want dit was vir my skrikwekkend,” het die kind vertel. Hy het ook gesê dat alles so vinnig gebeur het.
Sy het ook gesê dat daar die afgelope drie weke baie drug busts by skole gedoen was en dat daar by een skool tot 60 leerders geskors is.
KYK:
Stomgeslaan oor wat in skole aangaan
“My ander kind het my vertel van ’n meisie in haar skool wat onwettige goed verkoop. Na verdere ondersoek is dit bekend gemaak dat sy dagga en selfs sterker dwelms verkoop – soms aan laerskool kinders. Ek kon nie glo wat ek hoor nie. En dit in skole.”
Dié ma het vertel dat sy geen name van kinders of skole gaan noem nie maar sy wil ouers waarsku oor wat rondom hulle aangaan.
“Ek was een van daai ma’s wat my nie gesteur het aan skinderstories of stories wat ek by my kinders gehoor het nie, maar nou luister ek twee keer. Dit gaan wild in die skole en ek wil aan die ouers sê dat hulle oplettend moet wees oor hulle kinders se gedrag.”
Sy het ook gesê dat sy met van die skole wil gaan praat sodat daar oor en oor met kinders oor dwelms gepraat word.
“Ons as ouers moet nie net ons kinders beskerm nie, maar ook leer. Maak seker jou kind weet wat dwelms is en wat dit kan doen. Leer hulle ook om niks by enigiemand te vat nie.
“Ek voel net dat vandag se kinders die toekoms is en terwyl ons as ouers nog hier is en hulle kan help, moet ons. Ouers gaan die skok van hulle lewe kry as hulle moet sien wat regtig in skole aangaan,” het sy gesê.
Lees Ook:
[GRAPHIC VISUALS] WATCH: Brutal abuse of goats exposed on Mohair Farmers
Woman claims EMPD officer causes accident and ruins her life
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



