Local newsNews

’n Fees van musiek

Hierdie konsert het weer gewys dat koorsang groot pret vir die koorlede en die gehoor kan wees.

ALBERTON se dames- en mannekoor saam met Yoti, die Griekse Boertjie, het ’n onvergeetlike konsert gelewer.

’n Groot verskeidenheid musiek van regoor die wêreld het die gehoor kort-kort spontaan saam laat handeklap. Die koorsang was van uitstekende gehalte en ’n verrassende verskeidenheid van die dameskoor se soet stemme met Can’t help falling in love tot die mannekoor se De la Rey.

Die musiek van Griekeland het vir baie pret gesorg, veral toe dit tyd was om borde te breek, tot groot vermaak van die gehoor.

Die hoogtepunt van die aand was sekerlik toe Yoti saam met beide kore Jerusalem gesing het.

’n Lekker kuier-aand kan ook nie sonder iets te ete nie. Die heerlike happies het bygedra om die aand ’n fees te maak.

Hierdie konsert het weer gewys dat koorsang groot pret vir die koorlede en die gehoor kan wees.

Bel gerus vir Rienie Venter by 083 232 0359 vir navrae oor Alberton se manne- en dameskoor. Hulle verwelkom belangstellendes wat by die kore wil aansluit of net wil kyk wat hulle doen.

* Verskaf deur Dr Paul Potgieter

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button