VLU Sonskyntak vier 80ste verjaarsdag
Dini Jansen het die spreker en musikale kunstenaar vir die dag voorgestel aan die dames. Hulle was Gerrie Jordaan en Franz Geldenhuys.
DIE pienk en groen tafels wat ’n mens verwelkom het, het feestelik gelyk.
Die dames het behoorlik met die viering van die VLU Sonskyntak se 80ste verjaarsdag by die Alberton Aftree-Oord uitgehang, waar talle VLU lede en Damesklub lede teenwoordig was. Dini Jansen, voorsitter van die VLU Sonskyntak, het die dag geopen en almal verwelkom. Sy was baie entoesiasties oor die VLU-tak se 80ste verjaarsdag.

Die spreker en kunstenaar vir die dag was Gerrie Jordaan en Franz Geldenhuys. Gerrie het met die dames, gesels oor die tema van die dag, “Hemel op Aarde” en Franz het hulle met sy koninklike stem en klaviermusiek betower.
Gerrie se boodskap vir die dag was bedoel om die dames te inspireer om die lewe te leef asof dit hemel op aarde is. Dit was ’n pragtige boodskap vol optimisme. Enigiemand kan die hemel beleef as hulle hul eie hemel op aarde skep, met God aan hulle kant.

Daar was ook ’n stalletjie wat die mooiste handgemaakte artikels verkoop het.
Na al die verrigtinge het die dames ’n heerlike boeremaaltyd en nagereg geniet. Hierdie was beslis een fees wat nie sommer vergeet sal word nie.



For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



