VLU Dinwiddie gesels kuns en geskiedenis
Hulle was reg om te verf en te leer oor Rusland.
HIERDIE was beslis ’n vergadering waar daar omtrent oor alles en nog wat gesels is.
Die VLU Dinwiddie-tak het tydens hul September vergaderingby die NG Kerk Verwoerdpark oor kuns en geskiedenis gesels.
Dit was ’n heerlike, gesellige, lente-oggend in die saal. Daar was baie vroue wat om die tafel gesit het met hul koppies tee en bordjies eetgoed. Hulle was reg om te verf en te leer oor Rusland.
Die tafel was vol lappe en verfgoed sodat die dames hul kreatiwiteit kon uitleef in stofskildery (fabric painting) terwyl Cheryl Maré die dames stap-vir-stap gehelp het.

“Stofskilder is baie maklik vir enigeiemand,” het sy gesê. “Dis pret, ontspannend, stres-verligtend en dit laat mens ook toe om baie kreatief te wees.”
Die dames het bietjie gesels oor witgat- en geelhoutbome, waar dit groei, hoe groot dit word, watter diere baat vind by hierdie bome en wat hierdie bome so spesiaal maak.
Daarna het die spreker, Claudia Robbertse, oor Rusland se kultuur en geskiedenis gesels en meer vertel van menseverhoudings in Rusland waar die mense baie patrioties en gefokus op hul sterk verhoudings met hul familie en naaste vriende is.
Sy vertel verder dat Rusland die tuiste van die grootste en oudste meer in die wêreld, die Baikal meer, wat 20 persent van die wêreld se varswater dra, is. Die land is ook dikwels geassosieer met ballet regoor die wêreld, en is die tuiste vir die wêreld se bekendste ballet organisasies.
Ander feite oor die land is ook bespreek, byvoorbeeld die bekende Russiese nespoppe en die kultuur se liefde vir beetsop, suurroom, sauerkraut en vodka.

Dit was ’n heerlike, insiggewende oggend vir almal by die Dinwiddie-tak. Hul volgende vergadering sal op 18 Oktober om 10vm by die NG Kerk Verwoerdpark plaasvind.
Indien jy belangstel om dit by te woon, of om by hulle aan te sluit, kontak gerus vir Priscilla Atkins op 079 817 9633.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



