Blommeklub se laaste vergadering vir die jaar
Dames het ontspan in gemaklike stoele en sommer net gesels oor dit en dat.
DIE Brackenhurst Blommeklub het op 21 November hul laaste vergadering vir 2018 gehou, waar hulle lekker ontspan en gekuier het by een van hul lede, Annetjie Niemandt, se huis in Alberante.
Dit was ’n heerlike, sonnige oggend onder die lapa, met Kersfeesliggies om die atmosfees op te helder. Elke dame het hul gunsteling bordjie soet- of souteetgoed saamgebring.

Sandra Labuschagne, Blommeklub voorsitter, het die oggend afgeskop met ’n vinnige Bybel-boodskap en gebed met die res van die lede gedeel voordat die vier verjaarsdag-dames van November en Desember, geluk gewens is. Dié is Priscilla Atkins, Mara Scholtz, Sandra Badenhorst en Connie Scheepers. Veels geluk, dames.
Jenny Tullis was dan ook ’n gawe vriendin vir die res van die Blommeklub-lede toe sy vir elkeen ’n klein handgemaakte geskenkie uitgedeel het. In die geskenkboksies was die oulikste kersboom-ornamente. Dankie Jenny.

“Ons is moeg geblom, vandag is dit tyd om vir ’n slag te ontspan en ons blomblare te laat sak,” het Sandra gegrap.
As jy by die Blommeklub wil aansluit, of wil uitvind wanneer die volgende vergadering gaan plaasvind en dit bywoon, kontak gerus vir Corrie Raubenheimer op 078 387 7931 of Sandra op 083 450 4524.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



