Laerskool Randhart se hoof tree na 25 jaar af
Aan die leerders van Randhart will Deon graag die volgende sê: “Julle moet hard werk. Onthou dat julle ouers nie vir altyd daar gan wees nie. Julle moet op julle eie voete kan sterk staan.”
NA 25 jaar se diens as hoof van Laerskool Randhart tree Deon van Zyl aan die einde van 2018 af . Deon het as hoof van Randhart in die middel van 1993 ingetree.
In sy eerste jaar as hoof het Deon reeds ’n groot verandering gebring deur die skool se klere te verander.
“Die skoolklere was toe nog bruin en goud. Die drag was soos safaripakkies,” sê Deon.
Na ’n proses waar die voorgestelde verandering deur ouers moes goedgekeur word, was daar op die huidige kleure van donkerblou, rooi en wit besluit.
Iets wat Deon na aan die hart lê oor sy tyd by die skool is hoe Randhart as sportskool uitgeblink het.
“Ons was een van die stigters van die Super-12 liga,” sê Deon.
Die skool is al 20 jaar lank lede van die liga waar hulle nou teen ander sterk skole van oor die land deelneem. Randhart se prestasies in die atletiek interlaer lê ook baie na aan sy hart.
“Ons is die laerskool met die meeste Goue Leeus finaalwenners,” sê Deon met trots.
Volgens Deon is Laerskool Randhart op die voorpunt van tegnologie as dit by leertoestelle kom. Tablette vir handboeke en raakskerms is iets wat Deon trots op is en hoop dat hulle tegnologiese vooruitgang na sy aftrede sal voortduur.
Deon wil graag baie dankie sê vir sy ‘regterhande’ oor die jare.
“My onderhowe het oor die jare my baie bygestaan en gehelp,” sê Deon.
Hy wil graag baie dankie sê aan Ettienne Terreblanche, Francios Venter en Ilse Kitchenbrand.
Aan die leerders van Randhart wil Deon graag die volgende sê: “Julle moet hard werk. Onthou dat julle ouers nie vir altyd daar gaan wees nie. Julle moet op julle eie voete sterk kan staan. Neem aan alles deel. Laerskool is die kans om alles te probeer en te sien waarvan jy hou. Dan as julle by hoërskool of universiteit kom, kan julle fokus op akademie en julle sport of kultuur van keuse.”
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



