Aftree-oord sluit jaar af met familie-ete
Vanaf 6nm tot 10.30nm was dit ’n heerlike partytjie vir almal.
DIE Alberton Aftree-Oord, in vennootskap met Johnny’s Catering, het op 1 Desember hul jaarlikse Familie-ete en Dans ter afsluiting van 2018 gehou.
Hierdie geleentheid word elke jaar, vir die afgelope 14 jaar, by die aftree-oord, met komplimente van Johnny’s Catering, gehou. Dit is spesiaal vir die inwoners van die aftree-oord en hul families.
Bo en behalwe ’n driegang-maaltyd in die pragtige versierde saal van die aftree-oord, het Jason Bradley gaste vermaak. Jason het al voorheen op verskeie geleenthede in Alberton opgetree, en is elke keer vir sy wonderlike sang- en kitaartalent geprys.

Jonk en oud het hulself op die dansvloer geniet. Vanaf 6nm tot 10.30nm was dit ’n heerlike partytjie en geleentheid vir families om kwaliteit tyd saam te spandeer.
Willemien Coleman van Johnny’s Catering het gesê: “Hierdie geleentheid is elke jaar baie suksesvol en lekker. Ons kry dikwels komplimente van mense wat dit bywoon.”



For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



