VLU Brackenhurst-tak hou afsluitvergader
Tuinbou en omgewingsbewustheid was die studierigting vir die dag van die Vrou Lanbou Unie se laaste vergadering.
BRACKENHURST – Vroue Landbou Unie het op 6 November by die NG Kerk vergader met die tema studierigting omgewingsbewustheid – tuinbou.
Die saal was in verskillende skakerings van groen versier en elke lid het ‘n pietersielieplantjie gekry om huis toe te neem en in die lekkerste geregte te gebruik.
“In ‘n huis waar daar pietersielie groei, is die vrou baas,” lui ’n gesegde. ‘n Wennersprys is getrek en ‘n “happy hour” was gehou waar die dames hul oomblikke van grootste verleentheid in hul lewe met ander gedeel het.
Maggie Enever het met gebed geopen en vertel van hoe goed God is en altyd ‘n Hand oor almal hou. Anita Lieshing het die verjaarsdae hanteer en Helene Hattingh her vertel hoe die word “eish” deesdae so baie gebruik word as ‘n lekker sêwoord.
Die tuin was van buite af ingebring en het die dames was omring met die mooiste blomversierings. Dit was hul afsluitingsvergadering van die jaar en hulle sal weer in Januarie vergader.
Susie du Plooy her vir die dames geleer hoe kruie vir verskillende huishoudelike dinge gebruik kan word en ook as medisyne.
Al die vroue het die dag geniet en sien daarna uit om weer met al hulle vriendinne saam te kuier in die nuwe jaar.



