Local newsNews

Ligstad Sorgsentrum het vrywilligers by naskool nodig

Indien jy jou weg oopsien om diensbaar in die gemeenskap te wees, skakel gerus in by Ligstad as ’n vrywillige werker.

LIGSTAD se dienslewering is op pro-aktiewe dienslewering aan die gemeenskap van Alberton gefokus.

“Deel van pro-aktiewe dienslewering is om die gemeenskap en groepe in die gemeenskap uit te nooi en te bemagtig om deel te word van die dienslewering binne die gemeenskap,” het Alida Jooste, maatskaplikewerker van dié organisasie gesê.

Daar word daagliks ongeveer 130 kinders by onderskeidelik die naskool en die speelgroepie versorg en dan word die bejaardes in die omgewing ook nog holisties bedien terwyl hulle nog onafhanklik in hulle eie huise woon.

Vrywilligers word in hierdie programme gebruik om kinders te help met huiswerk van Maandag tot Donderdag en ten opsigte van die bejaardes skakel vrywilligers op hulle eie tyd in om dienste by spesifiek geïdentifiseerde bejaardes te lewer.

Alida noem dat daar tans ‘n groot behoefte ontstaan het vir vrywilligers by die naskool spesifiek, nadat vrywilligers wat jare lank diens gelewer het, besluit het om ‘n welverdiende ruskans te neem en hul aftrede te geniet.

Indien jy as gemeenskapslid die behoefte het om betrokke te raak en ’n verskil te maak in die gemeenskap van Alberton, is jy welkom om vir Alida Jooste te skakel by 011 907 0517 of 079 693 3666 om meer uit te vind van die program.

Sy kan ook per e-pos by alida.jooste@ligstad.co.za gekontak word.

*Foto en berig deur Ligstad verskaf.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button