Local newsNews

Brandpunt Fotoklub se Mei wenners

Brandpunt se wenners vir die maand was Salomie Lyon en Terry Grobler.

BRANDPUNT Fotoklub stel hulle wenners vir Mei-maand bekend. Oudergewoonte is die beste foto in die junior en senior kategorie uitgewys. Die wenner tussen die seniors was Salomie Lyons met haar foto wat sy noem “Geveerde Sokkerspel.” Salomie het die foto van ’n jong bleeksingvalk vasgevang waar dit besig was om met ’n stukkie modder te speel.

Die junior wenner vir die maand was Terry Grobler. Sy foto “En toe was daar reën” was geneem tydens ’n besoek aan die Kgalagadi Oorgrenspark. Die foto vang die eerste reënbui in ’n lang tydperk oor die droë gebied vas.

Brandpunt Fotoklub is ’n klub vir fotografie entoesiaste in Alberton. Saam is hulle ’n jolige groep mense met ’n passie vir fotografie. Of jy dit doen as ’n stokperdjie, en of jy al ’n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal.

Om meer oor die klub uit te vind of aan te sluit, skakel gerus die voorsitter Reppies Repsold op 082 716 0688.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button