Local newsNews

Jannie du Toit kuier by NG Kerk Brackenhurst

Jannie gaan van sy nuuste werke sing en dan ook saam met die massakoor aan die einde optree.

KOM geniet ’n luisterryke koorkonsert met die legendariese Jannie du Toit saam met die Alberton Mannekoor en Cantare Kinderkoor.

Hierdie konsert word op 24 Mei om 7nm by die Brackenhurst NG Kerk, op die hoek van Hennie Alberts- en Leverstraat, Brackenhurst, aangebied.

Jannie is bekend aan die Suid-Afrikaanse gehoor as liedjieskrywer, sanger en pionier in die ontwikkeling van Afrikaanse musiek. Hy gaan van sy nuuste werke sing en dan ook saam met die massakoor aan die einde optree. Hy word dan ook by hierdie geleentheid ’n oorkonde deur die FAK oorhandig vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

Deelnemende kore is Laerskool Concordia se seniorkoor en die juniorkoor van Laerskool Elspark.

Toegang is R50 per persoon en is by die deur beskikbaar. Kinders onder 12 se toegang is gratis.

Daar is ’n groet-en-ontmoet na die konsert waar foto’s saam met Jannie geneem kan word en die kaartjies hiervoor is R120 per persoon.

Dit sluit die toegangskaartjie vir die aand, asook verversings na die konsert in.

Hierdie kaartjies moet voor 16 Mei bespreek word by 082 257 1407. Kinders onder 12 wat die groet-en-ontmoet bywoon se kaartjies is R80.

LEES OOK:

Brandpunt Fotoklub se Mei wenners

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button