Local newsNews

Geskiedkundige boom verniel

Die Alberton-Erfenisvereniging probeer na die beste van sy vermoë om geboue, ander strukture en plantegroei waarby daar erfenisbelang is, te identifiseer en beskerm en toe te sien dat daar aan die wetgewing voldoen word.

INWONERS en lede van die Alberton Erfenisvereniging is baie onsteld oor hoe ’n akkerboom in Alberton-Noord onlangs deur die munisipaliteit gesnoei is.

Dié akkerboom, op die hoek van Piet Retiefstraat en Vyfdelaan, is die enigste oorblywende een uit ’n paar wat in 1914 geplant is.

“In die beginjare van Alberton het die Eaves-gesin in Piet Retiefstraat 26, op die hoek van Vyfde Laan in Alberton-Noord, gewoon. Sover bekend was hulle van die eerste Engelse pioniers wat Alberton help groei het. Meneer Eaves het ook in ’n stadium in die dorpsraad gedien en die helfte van die pioniers was Engelssprekend, maar het ondanks die Anglo-Boereoorlog kort tevore baie goed met die Afrikaners oor die weg gekom,” het Dr Daan Grobler, inwoner, vertel.

Die akkerboom voordat dit gesnoei is.

Volgens ’n boomkenner is die boom ongeveer 105 jaar oud (1914-2019).

’n Lid uit die Alberton-Noordgemeenskap het opgemerk dat van die bome se takke dood is en ’n gevaar skep. Die moontlikheid het bestaan dat dit op motors, of selfs mense, kon val.

Die Erfenisvereniging het ondersoek ingestel en bevind dat dié moontlikheid wel bestaan.

Lede van die Erfenisvereniging, die plaaslike raadslid, Tiaan Kotzé, en ’n verteenwoordiger van die Parke- en ontspanningsdepartement het ter plaatse vergader en die saak bespreek.

Die verteenwoordiger het onderneem om aandag aan die saak te gee en die Erfenisvereniging van verdere werksaamhede in kennis te stel.

Op 13 April het dit onder die voorsitter van die Erfenisvereniging, Beverley-Ann Small, se aandag gekom dat by die boom gewerk word.

“Toe ek daar aankom was dit duidelik dat nie slegs die dooie takke nie maar groot gedeeltes van die boom wat nog in ’n goeie toestand was, reeds afgesaag was,” het sy gesê.

Volgens Beverley het die persoon in beheer (klaarblyklik ’n subkontrakteur) vir haar gesê dat hy slegs opdrag gekry het om die takke af te saag.

“Hy het duidelik nie geweet waaroor dit gaan nie,” het Beverley gesê.

Die Alberton-Erfenisvereniging betreur dit dat daar op hierdie wyse met ’n boom van historiese- en erfenisbelang gehandel word en daar geen raadpleging met die Erfenisvereniging was nie,” het sy gesê.

Dié akkerboom is die enigste oorblywende een uit ‘n paar wat in 1914 geplant is.

*Die REKORD het op 25 April en 3 Maart kommentaar van Mandla Piet Mtsweni van die EMM se parke department aangevra en Mtsweni het die koerant na Themba Gadebe (EMM woordvoerder) verwys. Daar is weer kommentaar aangevra en die koerant wag vir terugvoer.

LEES OOK:

Men help to clear trees in Alberton

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button