Local newsNews

Wat is ‘n storie?

Die Bybel is die verhaal van God met ons en die verhaal gaan aan.

‘n Storie help ons om onsself en ander te verstaan. Stories help ons om oop te maak. Stories wys ons dat ons meer in gemeen het as wat ons dink.

Stories breek mure af en steek grense oor. Die Bybel is die verhaal van God met ons en die verhaal gaan aan. Kom vertel jou storie.

Kom na die Kruispad Gesinsdienste waar almal ‘n storie het. Dit is binne hierdie stories van God met ons waar verandering en vernuwing plaasvind.

Kom vertel jou storie en hoor ander se stories van God met ons by Ligstad Gemeenskapsentrum h/v Van Riebeecklaan en Gerrit Maritzstraat, Alberton-Noord op Sondagaande, vanaf 26 Januarie in die skoolkwartaal om 18:00.

Almal is welkom. Vir meer inligting skakel Eduard Enslin by 084 440 8514 of Willie Badenhorst by 082 550 9923.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button