Brandpunt het self 156 inskrywings gehad
Brandpunt het self 156 inskrywings gehad. Uit die inskrywings, het 37 foto’s aanvaardings ontvang, ’n puik poging deur die klub.

Brandpunt fotoklub het uitstekend gevaar by hulle onlangse salon wat die klub aangebied het. Die salon was ’n landswye kompetisie waar fotograwe van regoor Suid Afrika hulle beste foto’s ingeskryf het. Die salon het altesaam 4 700 inskrywings gekry.
Brandpunt het self 156 inskrywings gehad. Uit die inskrywings, het 37 foto’s aanvaardings ontvang, ’n puik poging deur die klub.
Brandpunt is ’n klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton. Saam is hulle ’n jolige groep mense met ’n passie vir fotografie. Of jy dit doen as ’n stokperdjie en of jy ’n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal.
Om meer oor die klub uit te vind of aan te sluit skakel voorsitter Reppies Repsold by 082 716 0688.




