KYK: Reuse Randhart manne-aand ‘n sukses
’n Totaal van 684 mans het Laerskool Randhart se manne-aand bygewoon.
LAERSKOOL Randhart het hul manne-aand op 11 Julie by Alberante Motors gehou.
Die aand was ’n reuse sukses met 684 manne wat die aand bygewoon het om die skool te ondersteun.
Gaste was vermaak deur Robbie Wessels wat die stemme behoorlik laat saam klink het met sy bekende treffers.

Daar was ’n skaap op ’n spit om te voorsien vir die honger mae.
Randhart hou jaarliks die manne-aand en die tradisie is besig om te groei. Die jaar se manne-aand was die grootste nog.
KYK:



