Local newsNews

Kom vier 25 jaar saam met Alberton Aftree-oord

Organisasies word genooi om van hierdie feesnaweek gebruik te maak om hul eie fondse aan te vul.

ALBERTON Aftree-oord in Florentia vier sy 25ste bestaansjaar op 28 September en om dié geleentheid te vier, word n groot feesnaweek beplan.

Die doel van die feesnaweek is om dankie te sê vir 25 jaar se samewerking en ondersteuning van die Alberton-gemeenskap aan die inwoners van die oord.

Organisasies word genooi om van hierdie geleentheid gebruik te maak om hulle individuele fondsinsamelings te kom hou by die aftree-oord.

Allerlei pretaktiwiteite word beplan vir die dag waar jonk en oud saam kan hande vat om fees te vier en seëninge te tel.

Kontak Cathy Pieters by 011 907 8641 of cathy@arvb.co.za of Ronel Mellett by 083 459 7015 of secretary@arvb.co.za vir meer besonderhede rondom stalletjies of as jou organisasie belangstel om eienaarskap te neem van ’n aktiwiteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button