Local newsNews

50ste huweliksherdenking

Twee geliefde mense vier hulle 50ste huweliksherdenking saam met friende en familie.

ALBERTON – Raute en Bettie Rautenbach se lewenspaadjie het saam begin in 1960 en hulle is in die huwelik bevestig op 1 Februarie 1964.

Die paartjie het albei grootgeword in Turffontein en twee seuns is uit die huwelik gebore, Rautie Junior 2 en Freddie.

Rautie en Bettie woon nou al 16 jaar in Alberton. “As ons terugkyk op die jare wat verby is, kan ons maar net die Here al die eer gee dat Hy ons lewe gespaar het en dat ons lief is vir mekaar,” sê die twee verliefdes.

Hul resep na soveel jare is dat Jesus eerste kom, dan liefde, respek en waardering vir mekaar.

Hulle sê ook dankie en wys waardering aan Rautie Junior, Lisa, Emma en Layla Freddie, Soritha, Rochelle, Zeandre en Die-anche asook Manie, Sharon en familie vir al hul hulp, liefde en omgee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button