Local newsNews

Randhart ondersteun Stepping Stone deur fiets te ry

Die fietsryers gaan deelneem aan die Discovery Ride Joburg 94.7km sowel as die Discovery Short Ride.

Laerskool Randhart ondersteunersklub, onderwysers, ouers, oud-leerders en leerders het hierdie jaar weer die Discovery Ride Joburg 94.7km sowel as die Discovery Short Ride ten bate vir Stepping Stone Hospice.

Dit is hierdie groep se vierde jaar wat hulle deelgeneem het en elke jaar vir ’n ander organsasie gery het om fondse in te samel.

Verlede jaar het hulle rondom R90 000 ingesamel vir kinders met kanker. Vanjaar het altesaam 48 mense deelgeneem wat verwant is aan Randhart.

Hierdie jaar soos in die verdele het die span baie saaltyd op die fietsry deurgebring om seker te maak ons almal is gereed vir die uitdaging.

Namens die spanbestuurder en skool het Corli Carratu vir die ryers, elke borg en kontantdonasie bedank en sterkte toegewens vir die geweldige groot taak wat hulle aangepak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button