Local newsNews

Stepping Stone ontvang meer as R33 000 van Randhart 947-span

Geld wat ingesamel word gaan elke jaar aan ’n ander begunstigde.

Die Randhart 947-span neem elke jaar deel aan die 947 Ride Joburg-kompetisie om geld in te samel vir ’n liefdadigheid.

Geld wat ingesamel word gaan elke jaar aan ’n ander begunstigde.

Verlede jaar het die span ’n totaal van R33 690 vir Stepping Stone Hospice ingesamel.

Laerskool Randhart se skoolhoof, Marlene Gerber, spanorganiseerder Corli Carratu en die skool se hoofleiers, Ty Ax en Chanté Thomas, het die fondse onlangs aan Stepping Stone oorhandig.

Tersia Burger, hoof uitvoerende beampte van Stepping Stone Hospice, het Randhart bedank vir die bydrae, aangesien dit ’n reuse verskil gaan maak in die bou van Stepping Stone se nuwe kindervleuel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button